Ons Liefdesverhaal
Alles het begin met ’n boodskap… tipies hoe dinge in Covid-tyd gegaan het. Zander sal sy kop op ’n blok sit dat Carla vir hom die eerste boodskap gestuur het, maar sy weet die waarheid… hy het die eerste stap op Instagram geneem, en die res is geskiedenis.
Sedertdien het die paartjie se liefde aangehou groei oor eindelose koppies koffie, ure se rugby kyk, energieke draf-sessies, ontspannende see-uitstappies en nog vele meer. Hulle deel ook ’n groot liefde vir die natuur, en gedurende hul verhouding het die Addo Nationale Olifant Park ’n spesiale plek vir hulle geword. Dit is ook daar waar Zander op 12 Julie 2025 die groot vraag gevra het… en Carla het ja gesê!
Nou tel hulle die dae af tot hul spesiale dag, en die begin van hul grootste avontuur nog, vir altyd.
Fynskrif
Inligting rakende ons dag
- DATUM: 2 Mei 2026
- TYD: 14:30 vir 15:00
- RSVP: 25 Maart 2026
- DRAG: Semi-Formeel
- - Geen jeans asseblief
- - Dames word vriendelik versoek om nie wit te dra nie, om die bruid se kleur besonder te laat uitstaan.
- Ons waardeer dit dat julle help om die dag stylvol en besonders te hou!
- VENUE: Deannie Landgoed



Tydlyn
Vloei van die dag
Trouregister
Daar sal ‘n koeverteboks by die troue wees. Alternatiewelik kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:
Absa
Z Twine
4075291725
Cheque Acc







Nabygeleë Besienswaardighede
Wynproe
Naby Verblyf
Aanbeveel
VENUE
- Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontantkroeg en Kaart Fasiliteite beskikbaar
- GEEN kos of drank van buite toegelaat
- www.deannielandgoed.co.za
Gereelde Vrae
Is kinders welkom?
Ons vier hierdie spesiale dag as ’n intieme geleentheid vir volwassenes en sal daarom ongelukkig nie kinders kan akkommodeer nie. Dankie vir julle begrip.
Kan ek ‘n plus one/metgesel saambring?
Om die dag intiem te hou, word metgeselle slegs toegelaat soos aangedui op julle uitnodiging.
Kan ons foto’s neem?
Ons het ‘n fantasiese fotograaf en vra vriendelik dat gaste tydens die seremonie hul fone wegsit en die oomblik saam met ons geniet. Foto’s tydens die onthaal is natuurlik welkom..
Hoe laat moet gaste arriveer?
Gaste word vriendelik versoek om 30 minute voor die seremonie te arriveer sodat daar genoeg tyd is om sitplekke in te neem.
Sal daar ’n kroeg beskikbaar wees?
Ja, daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees tydens die onthaal
Is daar parkering?
Ja, voldoende en veilige parkering is beskikbaar by die venue.
Is die seremonie binne of buite?
Die seremonie sal buite plaasvind. Die onthaal sal binne wees.
Tot hoe laat gaan die verrigtinge aan?
Musiek sal tot en met 23:30 speel, maar gaste is welkom om nog lekker saam te kuier tot en met 00:30.